|
 |
 |
Tiranne, monsters, helde, oorwas –
SHREK!!
“Eendag lank, lank gelede was daar ‘n lieflike prinses. Maar, daar was 'n vreeswekkende betowering oor haar wat slegs gebreek kon word met liefde se eerste soen.”
Hierdie is die openingsreëls vir die fasinerende fantasieverhaal - Shrek. Die eerste film vertolk Shrek se verandering van ‘n gevoellose, ongeskikte trol tot ‘n dierbare en liefhebbende persoon. Die tweede film wys hoe Shrek sy vuil en deurmekaar lewenstyl in sy moeras veruil vir die lewe van ‘n koninklike en ook natuurlik die hewige aanpasing daarvan. Nou is dit tyd vir Shrek 3…
Met spesiale vergunning van Ster-Kinekor Classic Fourways, sal Shrek sy verskyning in Johannesburg maak by Fourways Mall, Vrydag 22 Junie en alle aanhangers van die gewilde karakter word uitgenooi om hom te kom ontmoet vanaf 15h15 tot 17h00 in die Junxion Court, Lake Vlak van Fourways Mall. Sluit by ons aan om 14h00 vir die Shrek partytjie waar almal kan uitsien na ‘n opwindede kulkuns vertoning, kompetisies met fantastiese pryse en die hoogtepunt van als – om almal se gunsteling vriend, Shrek te ontmoet.
Die manewales van hierdie trol wat sy lewe in ‘n moeras verkies bo die van die luukshede van ‘n paleis lewe bereik ‘n hoogtepunt met die landswye vrystelling van Shrek 3 by Ster Kinekor Teaters op Vrydag 29 Junie 2007.
Besoek die Fourways Mall webwerf – www.fourwaysmall.com vir meer inligting aangaande die opwindende gebeurtenis asook die Fourways Mall Kids Club, of skakel die Fourways Mall Bemarkingskantoor by 011 465 6095. |
 |
|
|
|
 |
|
|
 |
|
 |
|
 |
 |
Join our free E-Newsletter and get the latest movie releases and hot of the press news every month!
Click here! |
|